Testimonials from workshop attendees
Traumatic Incident Reduction
My passie vir berading het my gedryf om na ‘n tegniek te soek wat meer inhou as die tradisionele “Ek as berader moet jou leer om te oorleef” modelle.
In 2013 het ek die TIR werkswinkel by Yvonne Retief bygewoon en dit het my in my beroep geweldig bemagtig met ‘n tegniek wat mense kan help om die trauma van die lewe te kan verwerk en werklik genees te word daarvan. Met TIR het ek as berader die verantwoordelikheid om die kliënt te lei in ‘n veilige omgewing, om self deur die emosionele pyn van die trauma te werk en genesing te ontvang van diep gewortelde letsels waarmee mense sit.
Ek het sedert 2013 soveel mense al gehelp en is elke keer net meer en meer opgewonde oor die sukses wat met die TIR tegniek behaal word. My passie is om mans wat sukkel om gebeure tydens die grensoorlog te verwerk te help om daardie traumatise ervarings te verbaliseer en vry te kom van die impak van die trauma op hulle persoonlike en ook gesins lewens.
TIR het die lewe van ‘n omie van in sy tagtigs totaal kom verander nadat hy vir die eerste keer vrygekom het van emosionele mishandeling wat hy as klein seuntjie in die weeshuis moes verduur. Die oom is deur ‘n Kliniese Sielkundige na my verwys.
TIR het vir my ‘n nuwe wêreld van suksesvolle Trauma beradings kom oopsluit en ek is opgewonde oor elke kliënt wat my kom sien want ek weet ek is toegerus om die kliënt te kan help.
Henning Mostert
Leraar NG Kerk Mindalore
Die gebruik van TIR om trauma na plaasaanvalle te verlig
‘n Groot getal van my kliënte is slagoffers van plaasaanvalle.
‘n Plaasaanval se trauma word maklik met TIR as teniek verlig omdat dit gewoonlik ‘n onlangse trauma is en normaalweg nie gekompliseer is met ander traumas nie.
Gewoonlik raak ‘n plaasaanval nie net een persoon nie, en moet daar eers ‘n groepsontlonting van die gesin of groep mense teenwoordig gedoen word. Alle mens beleef nie altyd ewe veel stress met ‘n trauma nie en almal verwerk dit nie dieselfde nie. Gewoonlik sal een of twee lede van so ‘n gesin/groep nie ‘’n TIR doen nie, omdat hulle die insident net as ‘n slegte gebeurtenis sien, maar nie daardeur getraumatiseer is nie.
Die wonder van TIR is dat dit vinnige en permanente verligting bring. Hierdie slagoffers van geweld wat verligting gevind het d.m.v. TIR is dan ook die mense wat begrip het vir ander wat deur dieselfde ramp getref word. Hulle bel mekaar en verwys mekaar vir TIR.
Jan J.F. Viljoen
I am a clinical psychologist with almost 13 years of psychotherapy experience. An entire new world of knowledge and psychotherapeutic empowerment opened up for me when I attended a TIR training course with Diana Canant from USA California. I have come to realize that TIR is not only an extremely powerful trauma therapy tool, but also an extremely powerful psychotherapy tool. I developed an admiration for the technique and those involved in the teaching of it.
It was through Diana that I met Yvonne Retief. Diana spoke very highly of her abilities as a trainer and I soon came to realise that Yvonne was internationally recognised as one of the most knowledgeable and brilliant TIR trainers. She is registered as a senior trainer at the TIR association of America which authorises her to train trainers across the globe. I found out that she was one of the pioneers of TIR in South Africa and has many years of experience in this technique. Her expertise became more evident when I attended some of her workshops and in the light of her being the author of the book “Healing for Trauma – in the South African Context”. I feel so honoured to be her student.
Dit was een van die mees sinvolle, indien nie die sinvolste, kursus wat ek nog ooit in my bediening gedoen het. ‘n Wêreld is vir my oopgemaak. Ek het die voorreg gehad om mense wat so ver as 40 jaar tevore gemolesteer is, verkrag is, of aangerand is, te help om heel te word. Ek kon oorlogsveterane wat afgryslike opdragte uitgevoer het, in gevegte en in ontploffings was en op geskiet is, met behulp van TIR binne ’n paar uur bring waar hulle kon sê:
“Ek het geen nagmerries meer nie”
“Ek kan weer in enige voertuig klim en bestuur, die angs en vrees is weg”
“Ek kon vir die eerste keer in 40 jaar met my man oor die verkragting praat sonder om emosioneel te raak of skuldig te voel”
Ds Keydy O’Callaghan
“Vir die eerste keer in al die jare van berading het ek ‘n “tool” om mense met seer te help – vinnig, effektief, permanent”
Ds Pieter Jordaan

Life Stress Reduction Workshop
‘n Begrafnisondernemer verwys ‘n vrou na my, kom ons noem haar Kobie. Kobie kry baie swaar na die dood van haar Downsindroom dogter.
Die vrou het baie skuldgevoelens beleef. Sy was by tye so gefrustreerd met die kind. Hulle het dikwels baklei en kort voor haar dood, was die kind so kwaad vir haar ma dat sy op ‘n stadium nie wou huis toe gaan nie.
Ek het besluit om ‘n Life Stress Reduction (LSR) tegniek “Unfinished Business” te gebruik om haar te help.
Tydens die sessie word ‘n gesprek tussen die geliefde en die afgestorwe persoon gefasiliteer. (Dis nie geesdrywery nie.) Wanneer die persoon in rou gevra word of daar iets is wat s/hy vir die geliefde sou wou sê of vra, borrel die skuldgevoelens en onafgehandelde kwessies uit. Die persoon verbaliseer self die kwessie(s) waaroor gepraat word en verskaf ook self die antwoorde op die vrae.
Tydens Kobie se ‘gesprek’ met haar dogter het sy weer onthou dat sy ‘n hemelkind was, wat so liefdevol en vergewensgesind was. Haar belewenis van rou het na die “Unfinished Business” heeltemal verander.
Elke jaar, om en by die tyd wat die dogter gesterf het, stuur sy ‘n boodskap van dank omdat haar rou nou met soveel verligting gepaard gaan.
Elize Thirion
Berader